’n Groep leerders wat in 1974 by die Hoërskool Hottentots-Holland gematrikuleer het, het mekaar Saterdag (23 Maart) ná 50 jaar weer vir ’n reünie ontmoet. Die oud-leerders, wat bestaan uit lektore, skrywers, wetenskaplikes, onderwysers, argitekte, aptekers, rekenkundiges, sekretaresses, dominees, vakmanne en verpleegsters, het die afgelope Saterdag saam by die Cucina di Giovanni-restaurant by die Eikendal-wynlandgoed gekuier. Die groep merkwaardige oud-leerders was die laaste matriekgroep wat “gewone” matriek sonder die verskillende grade van vakke geskryf het. “Ons is almal dieselfde beoordeel. Ons het aan alles deelgeneem en die gras van die huidige hoof-atletiekbaan en rugbyveld geplant,” onthou een van die oud-leerders. Foto: Piet Boshoff


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article