Leerders maak kunswerke van sand en rotse by Gordonsbaai se strand
Leerders wat sand en rotse gebruik het om hul eie kunswerke by Gordonsbaai te skep.

Leerders van Temperance Town Primêre Skool het Vrydag 13 Maart die Kaapse hittegolf vir ‘n onvergeetlike stranduitstappie na Gordonsbaai verruil.

Die 1,6 km se stap van die skool af na Gordonsbaai se hoofstrand het die begin van ‘n avontuur geword waarin die laerskool-leerders die golwe kon geniet, die natuur kon verken en saam met hul skoolmaats pret kon hê.

Leerders stap saam na Gordonsbaai se bekoorlike strand.
Leerders van Temperance Town Primêre Skool onderneem die 1,6 km stap na Gordonsbaai se strand.”

Aan die kus het hulle ten volle benut van die strand-ervaring gebruik gemaak – sand tussen hul tone, wind in hul hare en die vryheid om sokker te speel en sandkastele te bou.

Die nabyheid aan die see het hulle ‘n perfekte ontsnapping aan die warm weer gebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article