Die hekkiesatleet Haydriane Petersen het sy mede-Arende trots gemaak met sy uitstekende prestasie by die jaarlikse interskole.
Die hekkiesatleet Michaela Jackson het elke struikelblok op die baan moeiteloos baasgeraak.
Die diskusgooier Aerin Rosant het met merkwaardige krag en presisie vir goud gemik.
Die hoogspring-atleet Isabella Reed is met gemak en soepelheid oor die lat.
Die Hoërskool Strand se Rohan Bezuidenhout in puik spiesgooi-aksie.
Die verspring-atleet Inge du Toit skiet deur die lug om haar merk vir die Arende in die sand te maak.
Dit is ’n spannende gejaag na die wenstreep in ’n intense afloswedloop vir die naelloop-sterre Haydriane Petersen en Shakeel Adams.



