Macassar-leerders het ’n hupstoot vir die skooljaar gekry toe die Macassar School Support-organisasie verlede Donderdag skoolskoene aan tien leerders geskenk het.
Dié organisasie is einde verlede jaar deur oudleerders, van 1978 tot 1994, in die lewe geroep om finansiële ondersteuning te bied.
Waarnemende skoolhoof Verna Stuurman het die skenking verwelkom en in haar bedanking genoem dat die ondersteuning van groot hulp is omdat heelwat oud-matrieks baiekeer hulp met registrasiegeld vir tersiêre onderrig benodig. Nog twee oudleerders, Joyce en Lionel Moodley (1982-klas), het onderneem om kwartaalliks 30 paar skoene aan die skool te skenk.
Mense wat by Macassar School Support betrokke wil raak, kan Francois Wildschut bel, 0 082 478 9109, of e-pos, 2 francois.wilschut@rawson.co.za.



