Helderberg-gholfspelers word aanstaande maand die kans gebied om hul vernuf op die baan ten toon te stel terwyl hulle ook ’n verdienstelike saak ondersteun.

Die jaarlikse Klein Lochieland Rola Toyota/Rawson-gholfdag vind Vrydag 2 Maart by die Strand-gholfbaan plaas en spelers sal aan ’n vierbal-beterbal-stableford deelneem.

Die koste beloop R1 800 per vierbal en spanne slaan van 11:15 tot 13:00 af. Al die geld wat ingesamel word, sal tot die voordeel van die kinders by Klein Lochieland se opvoeding gebruik word.

Plaaslike sakeondernemings en individue kan ook putjies teen R1 000 borg waar hulle op die dag bemarkingsmateriaal kan uitstal en verversings kan bedien.

Pryse, insluitend geskenkbewyse, word ook benodig.
V Vir nadere besonderhede oor die gholfdag of om ’n putjie of pryse te borg, kontak vir Maritha Human by 073 150 7715 of 021 854 8592, of stuur ’n e-pos na mhuman@lochnerhof.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article