“Sagte kleure dans die hemelruim rond, wat Somer aankondig,” lees die onderskrif van ywerige amateurfotograaf Cobus Germishuys wat gereeld kiekies in en om die Helderberg-kom insluitend die Strand neem en instuur vir mede-lesers se genot. DistriksPos & Helderberg Gazette nooi lesers om hul foto’s van tonele in en om die Kom vir moontlike plasing te stuur. Foto’s moet minstens 500 KG wees en teen Maandag 14:00 via e-pos na editor@districtmail.com gestuur word.


Cobus, oftewel die Wynengel, spog met die stralende personeel van Kanu-wynlandgoed buite Stellenbosch wat die geure van Somer en ’n skouspel van blomme aan besoekers in die Koelenhof-vallei bring.

“Ek stuur jou ’n bossie poppies met rooi lyntjies en los dit voor jou deur, want ek is liewer vir jou as al die suiker in my kas,” skryf Cobus in lig van hierdie pragtige blommeskou wat hy in aanloop tot Nasionale Tuin-dag (20 Oktober) in Bosbou-laan, Grabouw, afgeneem het.

Nog ’n betowerende sonsondergang! “Die lig kleur soos spookasem met sonsondergang oor Paardevlei,” sê Cobus.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article