Taya Pettinger, grootdrilleier van Hoërskool Hottentots-Holland, wat eerste plek behaal het.
Taya Pettinger grootdrilleier van die Hoërskool Hottentots-Holland wie eerste plek behaal het.

Trompoppies laat die Helderberg skitter met goud en silwer

Taya Pettinger, grootdrilleier van Hoërskool Hottentots-Holland, wat eerste plek behaal het.
Taya Pettinger grootdrilleier van die Hoërskool Hottentots-Holland wie eerste plek behaal het.

Die trompoppies van die Helderberg het ‘n oorwinningsnaweek gevier toe die Hoërskool Hottentots-­Holland en Dr. G.J. Joubert Primêre Skool goud en silwer huis toe gebring het. Die meisies van HHH het in die derde Westelike Provinsie-trompoppiekompetisie, wat die afgelope Saterdag (30 Mei) op hul tuisveld plaasgevind het, ‘n derde plek in die septergroep behaal en ‘n tweede plek vir die klein drilleier. In verhoogstok, die pompon-span, vertoning, groot dril en beste leier het hulle die eerste plek behaal en hulle is ook as die algehele wenners aangekondig.

Hoërskool Hottentots-Holland se sub-leiers in hul silwer, wit en swart trompoppie-uitrustings.
Op die foto pronk die sub-leiers van die Hoërskool Hottentots-Holland in hul silwer, wit en swart uitrustings.

Dieselfde dag, en net oorkant die pad by Somerset-Wes Primêre Skool se veld, het die Joubies se trompoppies die tweede plek behaal by die derde Boland-trompoppiekompetisie. Hulle het dit bereik deur tweede te kom in die stoetgroep, steunstokgroep, vlaggroep, en hulle grootdrilleier en die sub-leiers was albei tweede vir silwer. Hulle het wel die eerste plek behaal vir hul vertoning en pom-nie-steungroep.

Dr. G.J. Joubert Primêre Skool se trompoppies wat silwer by die derde Boland-trompoppiekompetisie behaal het.
Die trompoppies van Dr. G.J. Joubert Primêre Skool wat silwer by die Boland-kompetisie behaal het
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article