Bestuurders oorhandig dienssertifikaat aan personeel tydens viering
Eerw. Emmanuel Gabriel en eerw. Ralph Afghan oorhandig Sharon van Schalkwyk se 20-jaar-dienssertifikaat.

Vyftig jaar van diens is die afgelope Saterdag (11โ€‰April) by die Sencit Restยญhaven-tehuis vir bejaardes gevier โ€“ nie net die tehuis se mylpaal nie, maar ook die toewyding van langdieยญnende personeel.

Die tehuis het die “Sencit-50ste tee-vieยญring” gehou, waar inwoners en personeel die fees kon geniet, insluitend ‘n optrede in lewende lywe deur Kruger en Tutu (Matt Kruger en Warren Tutu).

Optredes en gaste tydens die 50ste verjaarsdagviering van die tehuis
Matt Kruger, Abigail Sebastian, Warren Tutu en Eerw. Emmanuel Gabriel neem deel aan die Sencit 50ste Tee-viering.

Tydens die viering het die bestuur ook tyd afgestaan om personeel te vereer, van wie sommige al langer as die helfte van die tehuis se bestaan daar werk.

Ruth Booysen en Zoliswa Xabi is albei vir 10 jaar diens vereer, Frances van Wyk vir 15 jaar diens en Sharon van Schalkwyk vir 20 jaar diens.

Die tehuis en sy inwoners het nie ‘n spesiale vrywilliger vergeet wat hulle al byna 30 jaar bystaan nie.

Willy Engelbrecht was half “geskok” om erkenning te ontvang vir sy 30 jaar ยญdiens, maar is daaraan herinner โ€“ hoeยญwel die meeste vrywilligers graag wil help, het hulle nie die tyd nie, terwyl Engelbrecht eenvoudig die tyd maak.

Bestuurders en vereerde personeel tydens 50ste verjaarsdagviering
Feesvierders (van links) is eerw. Emmanuel Gabriel (Sencit-bestuurder) en eerw. Ralph Afghan (Sencit-kringsuperintendent) saam met die vereerde personeel, Ruth Booysen (10 jaar), Willy Engelbrecht (30 jaar) en Sharon van Schalkwyk (20 jaar).

As deel van die viering is ‘n 50-jaar-koek aan die tehuis geskenk, waaraan die inwoners en personeel gesmul het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article