Altesaam 11 jong mans van Strand kies die berge en natuur bo dwelms en neem deel aan ‘n lewensveranderende bergstap in Stellenbosch. Dié mans en hul mentors het Saterdag (28 Februarie) deelgeneem aan ‘n staptog in die Jonkershoek-natuurreservaat.
Die uitstappie is deur Usiko Stellenbosch se The Head, Heart & Soul Rites of Passage-program aangebied.
Die program betrek jong mans tussen 18 en 25 jaar by die begrip van positiewe manlikheid en stel hulle op ‘n nie-bedreigende manier aan die krag van manlike tradisies bekend.
Die staptog was ‘n geleentheid vir psigososiale ondersteuning, met die fokus op geestesgesondheid en sosiale welstand.

Tyd in die natuur word as ‘n vorm van medisyne beskou en kan verhoed dat jong mans dwelms gebruik.
Die program word sedert 2023 in Strand aangebied en tussen 20 en 30 mans het reeds hierby baat gevind.
Kontak Brendyn Alloys by 075 092 1418 of stuur ‘n WhatsApp-boodskap na 061 990 5129 vir nog inligting.






You must be logged in to post a comment.