A firefighter responds to an emergency call.
A firefighter responds to an emergency call.

Helderberg-brandbestryders het hul hande vol gehad toe hulle binne die bestek van twee dae twee afsonderlike veldbrande moes blus.

Die eerste veldbrand het Woensdagmiddag 28 Januarie in Strand uitgebreek.

Volgens Jermaine Carelse, ‘n woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, is ‘n dringende oproep om 16:15 ontvang oor ‘n brand agter ‘n bergingsfasiliteit in Lourensstraat, Gants-sentrum. Brandweerspanne van die Macassar- en Strand-brandweerstasies het onmiddellik reageer en Lourensstraat gebruik om by die brandgebied uit te kom.

Die brand is om 20:25 geblus sonder dat enigiemand beseer of ander eiendomme beskadig is.

‘n Tweede veldbrand het die volgende dag (Donderdag 29 Januarie) naby die weegbrug op die R102 in Somerset-Wes uitgebreek. Carelse het bevestig spanne van die Strand- en Sir Lowry’s Pass-brandweerstasies het om 12:30 op die brand gereageer. Hulle het ‘n pomp, twee Strike-spanne se bosvragmotors en gly-eenhede na die toneel gestuur.

Die brand is om 15:55 geblus en geen beserings of eiendomskade is aangemeld nie.

Die oorsaak van beide brande is steeds onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article