Brent Louis en Nico Beukes, ‘n voormalige adjudant-offisier, het Strand se naam hoog gehou toe hulle die afgelope Saterdag (24 Januarie) tydens die eerste uitnemendheid-prysuitdeling van die Wes-Kaapse Provinsiale Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vereer is.
Louis is by die seremonie in die Vishoek-burgersentrum as die naaswenner in die afdeling vir jeugbemagtiging in gemeenskapspolisiëring aangewys– ‘n bewys van sy toewyding aan die jeug in die plaaslike gemeenskap.

Beukes, wat aan die einde van 2025 uitgetree het, het die spesiale provinsiale voorsitterstoekenning ontvang. Die erkenning bekroon sy jare lange diens aan die gemeenskap asook sy bereidwilligheid om ander te help.

Fransina Lukas, die voorsitter van die nasionale en provinsiale GPF-komitee, sê die toekennings is ingestel om vrywilligers vir hul onbaatsigtige diens aan die gemeenskap te bedank en hulle te inspireer om die goeie werk voort te sit.
Sestien pryse is oorhandig, insluitend toekennings vir GPF- en vrywilliger van die jaar.






You must be logged in to post a comment.