Phillip Cronjé en groep kinders demonstreer bokstegnieke saam op 'n buitensport terrein
Cronjé en sy Fight for Change-groep demonstreer die boksskills wat hul lewens verander.

Die doel is om kinders deur boks te leer om beter mense te word. Boks is net die instrument om hulle in te trek.

Dis wat Phillip “The Pitbull” Cronjé en sy twee mede-stigters, Shameegh Festus en Schalk van Greunen, wil bereik met hul nuwe jeugboksprogram Fight for Change. Die gratis program bied kinders van Strand ‘n geleentheid om hul lewe deur boks te verander terwyl dit hul fiksheid, selfvertroue en dissipline opbou.

Phillip Cronjé en groep kinders demonstreer bokstegnieke saam op 'n buitensport terrein
Lewenslesse in aksie: Cronjé en sy Fight for Change-groep demonstreer die boksskills wat hul lewens verander.

Die idee is gebore toe Cronje en Festus mekaar by Knockout Centre, ‘n plaaslike gimnasium in Strand waar Cronje as afrigter gewerk het, ontmoet het.

“Ons het vriende geword en toe begin gesels. Dis toe ek ontdek het ons albei het ‘n passie vir boks sowel as ‘n passie vir die jeug,” sê Cronje.

Verlede jaar het die paar Van Greunen genader en ná beplanning het dié drie hul eerste klas by die Abattoir-sportterrein in Weltevreden, Strand, aangebied.

Dit het sedertdien baie gegroei. Binne ses weke het Fight for Change al byna 20 kinders betrek.

“Die glimlagte wat ek op die kinders se gesigte sien, is besonders. Dit is die rede hoekom ons dit doen,” verduidelik hy.

Cronje verduidelik die rede vir die program is nie om kinders selfverdediging te leer nie, maar om hulle ‘n positiewe inleiding tot geweld te gee.

“Elke dag sien hulle hoe mense geweld gebruik om ander af te trek, maar ons wil wys daar is ook positiewe aspekte daaraan,” sê hy.

Cronje glo dat sport kinders selfvertroue gee en gevolglik sal hulle minder geneig wees om geweld te pleeg omdat hulle van die gevolge bewus sal wees.

Hierdie oortuiging kom uit ervaring – elk van die stigters bring hul eie kragtige verhaal na die program. Van Greunen het van 130 km na 75 km gegaan – ‘n transformasie wat sy hele lewe verander het.

Met sy agtergrond in Shotokan Karate het hy aan mededingende gevegte begin deelneem en het reeds agt gehad. “Hy is ‘n lewende voorbeeld van hoe boks ‘n mens se lewe kan verander,” sê Cronje.

Schalk van Greunen, boksafrigter en mede-stigter van Fight for Change
Fight for Change-mede-stigter Schalk van Greunen, wat van 130kg na 75kg gegaan het – ‘n lewende voorbeeld van transformasie.

Festus is ‘n Rusthof-inwoner met diep gemeenskapskennis en ‘n ongelooflike liefde vir die jeug.

Shameegh Festus, mede-stigter van Fight for Change boksprogram
Fight for Change-mede-stigter Shameegh Festus.

Cronje se eie verhaal begin by sy rigtinglose jare ná skool. Hy het nie die geldelike vermoë gehad nie, maar gimnasiums gekontak en arbeid vir opleiding aangebied.

Phillip Cronjé, boksafrigter en stigter van Fight for Change-program
Phillip Cronjé, hoofstiger van Fight for Change, wat glo een geleentheid ‘n hele lewe kan verander.

Corné Blom, die eienaar van Knockout Centre, het hom in 2021 gekontak en vir ‘n onderhoud genooi. Anders as ander gimnasiums wat verwag hy moet eers betaal, het Blom hom ‘n kans gegee om te werk in ruil vir opleiding. “Corné het as my afrigter ‘n massiewe geleentheid gegee, wat my lewe verander en verbeter het,” sê Cronje.

Ek wil dieselfde kans vir ander mense gee.

Daardie ervaring het hom laat besef hoe kragtig een geleentheid kan wees.

Nou gee hy en sy span daardie kanse aan ander – selfs onder moeilike omstandighede. Tans bied hulle klasse op ‘n oop veld aan en moet soms kanselleer as gevolg van reën, maar dit skrik hulle nie af nie.

Phillip Cronje en Schalk van Greunen leer kinders boks op die Abattoir-sportterrein
Die Fight for Change-stigters Phillip Cronje en Schalk van Greunen demonstreer bokstegnieke aan kinders by een van hul gratis opleidingsessies op die Abattoir-sportterrein.

“Ons het ‘n vyfjaarplan waar ons minstens 200 kinders in ons program wil hê, op minstens drie plekke waar klasse verskeie kere per dag aangebied word,” sê Cronje.

Om dit te vermag, het hulle steun nodig in die vorm van skenkings, vrywilligers en venues.

 Indien jy deel van die program wil word, kan jy hul Facebook-bladsy besoek en ‘n registrasievorm voltooi.

 Bel Cronje by 074 578 1245 vir nog inligting of om hulle te ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article