SPORT: Strand se Pitbull wys deursettingsvermoë is goud werd

Strand se kranige sportman Phillip “Pitbull” Cronje het goud huis toe gebring nadat hy stof in die oë van mededingers geskop het. Hy het die gesogte titel van liggewigkampioen in die Barebones-gemengde-gevegkuns-kampioenskap losgeslaan.