Die Lady Gracious-vrouenaweek in Strand, gestig deur Suret Stroh, het vroue uit verskillende gemeenskappe saamgebind vir 'n lewensveranderende ervaring van refleksie, genesing en bemagtiging.
Die Lady Gracious-vrouenaweek in Strand, gestig deur Suret Stroh, het vroue uit verskillende gemeenskappe saamgebind vir ‘n lewensveranderende ervaring van refleksie, genesing en bemagtiging.

Die Lady Gracious-vrouenaweek wat onlangs in Strand aangebied is, het vroue uit verskillende gemeenskappe vir ‘n lewensveranderende ervaring van refleksie, genesing en bemagtiging saamgebind.

Die stigter en bekende spreker Suret Stroh (foto) het die naweek beplan om vroue op te hef en te inspireer. “Elke vrou wat dit bygewoon het, is diep geraak. Die gemeenskap se groot hart en gee-gesindheid het hierdie naweek besonders gemaak.”

Die deelnemer Angeline Daniels het die fyn aandag aan detail waardeer: “Elke vrou is soos ‘n koningin behandel. Ek het genesing en hernude geloof gevind.”

Eleri Lee beskryf dit as “‘n uitstekende ervaring vir liggaam, gees en siel”.

“Ek het huis toe gegaan met die boodskap dat ek genoeg is, ek is koninklik en my storie is nog lank nie verby nie.”

Suret beplan om die inisiatief uit te brei met twee tot drie jaarlikse naweke in verskillende dorpe en stede.

  • Skakel 081 089 9992 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article