Strand-polisie neem drie mans in hegtenis na dubbele moord in Sercorpark
Strand-polisie neem drie mans in hegtenis na dubbele moord in Sercorpark

’n 51-jarige man van Strand is Sondag (14 September) vir die moord op sy stiefseun in hegtenis geneem. Luidens ‘n polisieverslag het polisiebeamptes Saterdag (13 September) om 20:30 op die voorval gereageer. Met hul aankoms by ‘n huis in Arries-slot, Allan Boesak Village, het hulle die slagoffer, ‘n 30-jarige man, dood op die rusbank aangetref.

Die slagoffer het op die oog af aan steekwonde in die bors beswyk. Die polisie het beslag gelê op ‘n mes wat as bewysstuk gevind is.

Die polisieverslag onthul verder dat ‘n ooggetuie vertel het dat die slagoffer tuisgekom het toe die verdagte hom glo aangeval en gesteek het.

Die verdagte het gevlug, maar die polisie het hom ‘n dag ná die vermeende mesmoord opgespoor en in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die verdagte sou gister (Dinsdag 16 September) op aanklag van moord in die Strand-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Die Somerset-Wes-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat ‘n 89-jarige vrou verlede Maandag (8 September) by ‘n plaaslike aftree-oord verdrink het.

Volgens Sersant Suzan Jantjies, ‘n polisiewoordvoerder, is polisiebeamptes deur inwoners, wat die bejaarde vrou se liggaam in die swembad aangetref het, ontbied.

“Polisiebeamptes het om 17:10 op die toneel aangekom en die bejaarde is op die toneel dood verklaar,” het Jantjies gesê. “ ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article