Bewysstukke: vuurwapen en ammunisie gekonfiskeer van verdagte na skietery
Die vuurwapen, magasyn en patroon wat in besit van een van drie verdagtes gevind is wat in hegtenis geneem is ná ‘n poging-tot-moord-saak in Falconstraat, Broadlandspark.

Die Strand-polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in verband met poging tot moord op ‘n 35-jarige man die afgelope Sondag (7 September).

Luidens ‘n polisieverslag het die skietvoorval, wat tot die poging-tot-moord-saak gelei het, Sondag om 02:45 in Falconstraat, Broadlandspark, plaasgevind. Volgens ‘n ooggetuie het die skietery voorgekom toe die slagoffer en ‘n vriend huis toe geloop het en deur die groep ver-

dagtes genader is.

Dís toe een van die verdagtes glo ‘n vuurwapen uitpluk en die slagoffer in sy been skiet voordat hulle van die toneel af gevlug het.

Die slagoffer is in ‘n private voertuig na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer om behandeling vir die skietwond te ontvang.

Polisiebeamptes het op die toneel gereageer en ‘n deursoeking in die

gebied waar die skietery plaasgevind het, uitgevoer, waar hulle drie patroondoppies gekry het.

Speurwerk het tot die opspooring van drie verdagtes, 18, 21 en 30 jaar oud, om 07:45 by die Gustrouw-sport-

terrein in Strand gelei. Die verdagtes was blykbaar by die skietery betrokke.

Een van die mans was glo in besit van die vuurwapen, wat een magasyn en een 9mm-patroon bevat het.

Al drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Bewysstukke: vuurwapen en ammunisie gekonfiskeer van verdagte na skietery
Die vuurwapen, magasyn en patroon wat in besit van een van drie verdagtes gevind is wat in hegtenis geneem is ná ‘n poging-tot-moord-saak in Falconstraat, Broadlandspark.

Die Strand-polisie ondersoek ‘n saak van seksuele aanranding nadat ‘n 17-jarige meisie ‘n volwasse man daarvan beskuldig het dat hy haar onvanpas aangeraak het.

Luidens ‘n polisieverslag het die beweerde slagoffer die afgelope Donderdag (4 September) by ‘n vriendin se huis in Voortrekkerpark, Strand, oorgebly toe die voorval na bewering plaasgevind het.

Die slagoffer het vertel dat sy omstreeks 02:00 op ‘n bank gelê het toe die verdagte, wat aan haar vriendin verwant is, haar genader en onvanpas aangeraak het.

Sy het toe die verdagte aangesê om nie aan haar te raak nie, voordat sy huis toe gehardloop en die voorval by haar pa aangemeld het.

Niemand is in verband met die bewerings in hegtenis geneem nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article