‘n Plaaslike ma en dogter het nรก ‘n lewensveranderende ervaring opnuut besef die lewe is kort, elke dag is ‘n seรซning van genade en selfs die grootste vrese kan oorkom word deur jou vertroue in God te plaas.
Die Gordonsbaaise inwoner Dominique Liebenberg het twee jaar gelede die uiterste opoffering gemaak toe sy ‘n nier aan haar oudste van drie dogters, Makayla (18), geskenk het.
Augustus was Nasionale Orgaan- en Weefselskenking-bewusmakingsmaand en hierdie ma en dogter beplan om hul inspirerende storie te deel om werklik ‘n verskil te maak en ander oor die lewensbelangrike waarde van orgaanskenking op te voed.
“Bewustheid kan beter ondersteun word deur meer daaroor te praat en mense te betrek om bymekaar te kom en mekaar te ondersteun,”
sรช Dominique, wat bewusmaking belangrik ag juis omdat hulle self fisiek en emosioneel deur hul ervaring geraak is.
Die 38-jarige ouer vertel Makayla het verskriklik siek geword weens ‘n lugweginfeksie, wat tot die ontdekking gelei het dat sy ‘n nieroorplanting nodig gehad het.
Sy het talle toetse ondergaan en die uitslae het aangedui dat sy aan nierversaking ly. Ek het geweet ek sal haar mรณรฉt help.
Dominique vertel voorts dat sy vasgevang was in ‘n warrelwind van emosies, maar met duidelikheid geweet het dat sy alles in haar vermoรซ sou doen om haar kind “vir altyd” by haar te hou. Sy het baie toetse en skanderings ondergaan in die proses om eerstens vas te stel of sy ‘n versoenbare skenker is en dan uiteindelik die uiterste opoffering te kon maak.
“Die proses was baie stresvol en emosioneel erg, maar ek as ‘n ma sal dit oor en oor doen as ek moet.”
Dominique het uit vrees vir al twee van hulle se lewe en gesondheid vorentoe haar volle vertroue in God geplaas, asook ten spyte van haar aanvanklike bekommernis dat sy dalk nie ‘n geskikte skenker sou wees nie.
Maar, met dankbaarheid dat sy wel was, het hulle die nierooplanting op 10โMei 2023 by die Rooikruis-kinderhospitaal ondergaan en ‘n pynlike en ongemaklike herstelproses deurgemaak. Nou, twee jaar later, spog hulle met ‘n gesonder leefstyl.
Ma se opoffering
Makayla sรช sy voel geรซerd oor die wonderwerk van haar ma se opoffering wat haar lewe gered het.
“Ek is baie dankbaar dat God dit kon laat gebeur dat my ma my kon help,”
sรช die tiener.
Sy was ‘n tipiese kind voordat sy siek geword het en het drie maande lank aan nierversaking gely.
Haar toestand het haar gedwing om sport prys te gee. Die lewe het gewis sedert die oorplanting verander โ sy koester nou ‘n baie meer gesonde lewe en sorg goed vir haar liggaam deur gereeld te oefen. Verder het die lewensveranderende ervaring haar reeds hegte verhouding met haar ma nog verder versterk.
Op die vraag wat sy aan haar ma oor haar opoffering wil sรช, reageer Makayla:
“Net: ‘Baie dankie dat Mamma my lewe gered het en dat Mamma altyd aan my kant staan en daar is vir my’.”
Makayla fokus verder daarop om gesond te bly sodat sy voorentoe normaal kan aangaan en ook eendag kan trou en ‘n gesin kan hรช, en steeds ‘n geseรซnde lewe kan leef.
Haar boodskap aan ander jongelinge, wat dieselfde paadjie wandel, is: “Kyk na jouself, kies goeie vriende, hou jou sirkel klein en maak die regte keuses. As jy voel jy kan nie meer aangaan nie, staan vas in die Woord en vertrou. Moenie bang wees nie, want alles sal goed gaan.”
Saam het hierdie ma-en-dogter-duo die waarde van die lewe besef: Elke oomblik saam met geliefdes is kosbaar, want enigiets kan gebeur; en om die lewe positief te benader, bymekaar te staan en altyd hul vertroue in God te plaas.
Deur hul storie te deel, moedig hulle ander aan om die tekens dop te hou en dit nie te ignoreer nie. “Die kleinste siektes kan altyd ‘n teken wees van iets ernstiger,” verduidelik Dominique. “Pas jouself op.”
Tweede kans op lewe
Volgens Samantha Nicholls, uitvoerende direkteur van die Orgaanskenker-stigting van Suid-Afrika, is die doel van nasionale orgaan- en weefselskenking-bewusmaking om bewustheid te verhoog, die behoefte aan skenkers uit te lig en die publiek aan te moedig om te registreer.
Augustus is gekies om die lewensreddende waarde van orgaanskenking te beklemtoon en skenkers en hul families, soos hierdie plaaslike gesin, te huldig.
Nicholls sรช personeel en vrywilligers voer tydens hierdie maand omvattende bewusmakingsveldtogte uit deur opvoedkundige gesprekke, sosiale media, samewerking met hospitale en die verspreiding van gratis materiaal.
“Skenkings van alle organe en weefsels word dringend benodig, maar die grootste behoefte is aan niere, aangesien nierpasiรซnte die grootste gedeelte van die oorplantingswaglys is. Nierpasiรซnte ontvang dialise, wat tydelik die funksie van die niere vervang. Daarenteen het pasiรซnte wat ander organe benodig โ soos harte, lewers of longe โ baie min of geen alternatiewe behandelingsopsies nie. Sonder ‘n oorplanting wat betyds gedoen kan word, sal baie van hierdie pasiรซnte moontlik nie oorleef nie.”

Nicholls voeg by hoewel nierpasiรซnte tussen vyf tot 12 jaar vir ‘n oorplanting kan wag en ander organe se wagtye volgens dringendheid wissel, is die grootste tragedie dat baie pasiรซnte sterf voordat hulle ‘n skenking ontvang.
“Gesonde lewende skenkers, soos Dominique, kan een nier of stuk lewer nรก volledige evaluering, vrywillige toestemming en ministeriรซle goedkeuring skenk, waarna albei partye nasorg ontvang en normaal kan voortleef,”
verduidelik Nicholls.
“Ontvangers beskryf die geskenk dikwels as ‘n tweede kans op die lewe. Baie is diep dankbaar en kies om bewusmaking te bevorder deur hoop, nederigheid en diep waardering teenoor skenkerfamilies uit te spreek.”
Vanuit ‘n skenker se perspektief sรช Dominique: “โ’n Mens kan werklik trots voel om ander ‘n tweede kans op die lewe te kan skenk. Moenie bang wees nie โ as jy dit kan doen, doen dit.”
In die lig van Nasionale Nierbewustheidweek (1-5 September) skyn die kollig ook op nierversaking, wat volgens die South African Renal Society van 8โ866 in 2021 tot 9โ300 gevalle teen 2022 gestyg het โ hoofsaaklik as gevolg van voorkombare toestande soos hipertensie en diabetes. Kenners beklemtoon vroeรซ sifting, beter siektebeheer en leefstylveranderings kan tot 80% van kroniese nierversaking en verwante kardiovaskulรชre sterftes voorkom.





You must be logged in to post a comment.