‘n Kleuter se hart-huis-hoop vir haar ouers het haar soos ‘n ster by die skool se beroepdag laat skitter, waar sy die kollig gesteel het.
Diรฉ konstruksie-koningin, die vierjarige Meecah Daniels, het met trots verkondig dat sy eendag ‘n projekbestuurder wil word โ “sodat ek vir Mamma en Pappa ‘n mooi huis kan bou”!
Volgens haar trotse ma, Candice, was haar dogter op Vrydag 29โAugustus die enigste kleuter by Carmen’s Daycare in Macassar wat genoeg durf en waagmoed gehad het om ‘n beroep te kies wat ver bo die gewone was. “Ek dink dis regtig iets besonders, want al haar maatjies het voor-die-hand-liggende beroepe soos dokter, polisiebeampte en verpleegster gekies,” sรช sy. “Haar uitrusting het bo die ander s’n uitgetroon.”
Candice verduidelik voorts haar werk het Meecah se keuse geรฏnspireer. “Ek werk in konstruksie en die veiligheidsdrag en -hoed het my aandag in die winkel getrek toe ons vir ‘n kostuum gaan inkopies doen het,” sรช Candice, wat die afgelope drie jaar as aankope-klerk by CSV-konstruksie werk en werknemers op al die konstruksie-terreine van hul noodsaaklike veiligheidsklere en beskermingsuitrusting voorsien.
Die mini-meesterbouer met missie meen die uitrusting het haar voorwaar soos ‘n grootmens laat voel. Haar veiligheidsbaadjie en -hoed was so opvallend dat haar maatjies nie kon wegkyk nie. Toe sy gevra word oor projekbestuur-pligte het sy met sekerheid gesรช: “Hulle bou reusehuise!”
Vir haar is die groot wit gebou waar sy en Pappa vir Mamma aflaai, die wonderlikste ding van haar ma se werk-wรชreld.






You must be logged in to post a comment.