Betogers met brandende bande by Gordonsbaaiweg en Onverwachtstraat oor beweerde swak dienslewering in Strand.
Betogers met brandende bande by Gordonsbaaiweg en Onverwachtstraat oor beweerde swak dienslewering in Strand. Credit: Barend Williams

Inwoners van die Beverly Hills-informele nedersetting in Strand het Maandagoggend (18 Augustus) in Onverwachtstraat oor onvoldoende dienslewering en behuisingskwessies betoog.

Inwoners het bande in die pad aan die brand gesteek terwyl hulle “Ons wil huise hรช” geskree het. Dit het verkeersversteuring in Gordonsbaaiweg veroorsaak, maar die Strand-polisie was teenwoordig om die verkeer te reรซl en orde te handhaaf.

Sarah Meyer, die sekretaris van die Beverly Hills-gemeenskapsleierskap, het tydens die betoging aan DistriksPos & Helderberg Gazette gesรช die optrede was omdat inwoners voel hulle word deur die Stad Kaapstad afgeskeep.

Sy beweer dat sommige inwoners al 60 jaar wag vir toegang tot behuising en deur die Stad verwaarloos word. Sy sรช ook twee huise in die nedersetting sit na bewering al twee weke lank sonder elektrisiteit.

“Hulle sit al vyf jaar met politieke agendas en nie gemeenskapsagendas nie,”

het Meyer kwaai gesรช.

Die wyk-85-raadslid Chantal Cerfontein het egter ‘n ander siening van die situasie. Sy stem met Meyer saam dat probleme wel bestaan, maar sy verskil oor die oorsaak.

“Die betoging het niks met dienslewering te doen nie en is heeltemal polities,” verduidelik Cerfontein.

ONTWRIGTING

Volgens die raadslid het die elektrisiteitsprobleme ontstaan nadat sy ‘n maand gelede in Beverly Hills steun gewerf het. Inwoners het haar toe oor elektrisiteit vir vyf strukture genader en sy het hulle gehelp om vir elektrisiteitsbokse aansoek te doen, wat deur die Stad se elektrisiteitsafdeling goedgekeur is.

Raadslid Chantal Cerfontein, wat verskil het met betogers oor die oorsaak van die elektrisiteitsprobleme.
Raadslid Chantal Cerfontein, wat verskil het met betogers oor die oorsaak van die elektrisiteitsprobleme.

Dit het egter ontwrigting veroorsaak omdat die hoofkrag afgeskakel moes word om die nuwe elektrisiteitsbokse veilig aan te sluit. Hierdie veiligheidsmaatreรซl was noodsaaklik omdat dit gevaarlik is om die kragbokse te koppel terwyl krag nog op die hooflyn vloei.

Gevolglik was die hele Beverly Hills-gebied tydelik sonder elektrisiteit.

“Dit het die inwoners gemotiveer om te betoog,” het Cerfontein gesรช.

Die raadslid het beklemtoon dat sy geen sรช het in behuisingstoekennings vir die instandhouding of die behuisingslys in die gebied nie.

Die raadslid sรช sy is teleurgesteld in die bestogings-aksie, omdat inwoners glo goed ingelig word oor ontwikkelings in die wyk.

“Dit maak my hartseer dat die gemeenskap dienste vir mense wat dit desperaat nodig het, belemmer,”

het Cerfontein gesรช.

Betogers het geweier om te beweeg totdat Cerfontein opgedaag het om hulle toe te spreek en na hul kommer te luister.

As ‘n gevolg het Cerfontein gesรช sy is oor die inwoners se versoek ingelig. “Die sogenaamde silly season is volstoom aan die gang en ek sal nie in die verleentheid gestel of verlei word sodat die publiek kan TikTok-video’s maak nie,” het die raadslid verduidelik.

KRAG AANGESKAKEL

Sy het egter gesรช dat die Stad se elektrisiteits-afdeling sy werk vandag (Woensdag 20 Augustus) sou hervat en sy sal haar uiterste probeer om die inwoners gedurende die proses by te staan.

Die betoging het daartoe gelei dat die Stad se metropolisie en die polisie se openbare-orde-eenheid Maandag die situasie moes stabiliseer en monitor.

Die betoging is omstreeks 13:30 uiteen gedryf as gevolg van polisie-ingryping en beweerde onenigheid tussen inwoners wat die betoging wou voortsit en ander wat nie die sin daarvan kon sien nie, omdat Cerfontein glo nie wou betrokke raak nie.

Die raadslid het bevestig dat die elektrisiteitstoevoer na die twee wonings net nรก 15:00 herstel is.

Die Stad se depotspanne het onder polisiebegeleiding in die Beverly Hills-informele nedersetting gewerk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article