Huis, pondok of huur?

Foto: Adobe Stock

Vir ’n nuwe generasie Suid-Afrikaners word die droom om die sleutels van jou eie huis vas te hou al hoe moei­liker, en dit gaan oor veel meer as die verbandpaaiemente.

Nuwe data van Lightstone Property wys hoe ingrypend die verskuiwing is: Huiskopers jonger as 35 het van 44% van alle kopers in 2005 tot net 30% in 2025 gedaal. In dieselfde tyd het die getal kopers ouer as 35 van 55% tot 71% gestyg.

Kopers jonger as 30 jaar oud het van 58 600 in 2005 tot 21 300 in 2025 gedaal (’n afname van meer as 60%). Onder kopers tussen 31 en 35 jaar oud het die getal van 49 000 tot 24 200 in dié periode gedaal.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos