Henk Serfontein wys sy handewerk in Pole

Henk Serfontein.
Henk Serfontein. Daniël Jansen Van Vuuren.

Toe die MAD-galery in Poznán in die weste van Pole onlangs ’n foto aan Henk Serfontein stuur van die twee kratte met sy werk wat veilig daar opgedaag het, was hy verlig.

“Om eerlik te wees,” sê hy, “ek hou maar altyd my asem op met die glas wat kan breek en my werk moontlik kan beskadig.”

Henk, ’n Kaapstadse kunstenaar, het ’n uitnodiging gekry om The Topography of Skin, 12 werke in houtskool en gemengde media op papier, daar te vertoon. Die uitstalling duur tot 22 Mei.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos