Geregtigheid vir die dapper fluitjieblasers

Fluitjieblasers.
Fluitjieblasers. Grafika: Morné Schaap.

Drie fluitjieblasers wat alarm gemaak het oor miljoene rande se ongerymdhede en toe daaroor afgedank is, sal geregtigheid kry. Dit was die versekering wat Lehlogonolo Masoga, die administrateur van die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir die Dienstesektor (die Services SETA), onlangs op ’n mediakonferensie gegee het.

Lehloma Ramajoe, Thandi Mkhize en Tshepiso Mofokeng (Mngceke) het die Organisasie Teen Belastingmisbruik (Outa) in 2018 genader om ongerymdhede ter waarde van miljoene rande met nege tenders by die Dienste SETA aan te meld.

Al drie het hul werk verloor, al het Outa se ondersoek oor die volgende ses jaar ’n grootskaalse korrupsienetwerk in die hoëronderwyssektor oopgevlek.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos