Carmen Basson leef haar musiekdroom

Carmen Basson in die ateljee.
Carmen Basson neem ‘Sing vir jou’ saam met die groep Rooksein op. Foto: Verskaf.

Carmen Basson se liefde vir musiek het nie in ’n ateljee of op ’n groot verhoog begin nie, maar op ’n plaas net buite Kroonstad in die Vrystaat.

Die 27-jarige sangeres, wat daar gebore en getoë is, is nou deel van die musiekblyspel Semi-Soet as die assistant, Susan. Sy is ’n sanger in eie reg, wat al meer as vyf enkelsnitte opgeneem het en onlangs ook ’n liedjie, “Sing vir jou”, saam met Rooksein, die Afrikaanse popgroep, opgeneem het.

Maar voordat daar verhoogligte, musiekblyspele en groot geleent­hede was, was daar haar pa se kitaar, karaoke-aande saam met die bure en ’n eerste optrede langs haar oupa.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos