Vir die kykers wat Daniël Coetzee (27) in Afrikaanse sepies leer ken het, is hier nou ’n groot verrassing: Dié akteur is eintlik Engels!
Coetzee, wat bekend geword het as Uys Visagie in 7de Laan en later as Riaan Vosloo in Suidooster, moes nie net Afrikaanse dialoog aanleer nie – hy moes leer om in dié taal emosie oor te dra.
“Ek dink nie baie mense weet dat ek Engels is nie,” vertel hy. Wanneer aanhangers hom in die openbaar in Afrikaans groet en hy in Engels antwoord, kan hy sien hulle is verbaas.
- Lees die volledige onderhoud in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
