Carmen Basson se liefde vir musiek het nie in ’n ateljee of op ’n groot verhoog begin nie, maar op ’n plaas net buite Kroonstad in die Vrystaat.
Die 27-jarige sangeres, wat daar gebore en getoë is, is nou deel van die musiekblyspel Semi-Soet as die assistant, Susan. Sy is ’n sanger in eie reg, wat al meer as vyf enkelsnitte opgeneem het en onlangs ook ’n liedjie, “Sing vir jou”, saam met Rooksein, die Afrikaanse popgroep, opgeneem het.
Maar voordat daar verhoogligte, musiekblyspele en groot geleenthede was, was daar haar pa se kitaar, karaoke-aande saam met die bure en ’n eerste optrede langs haar oupa.
- Lees die volledige onderhoud met Carmen Basson in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
