Die Papier is as ’n gedrukte koerant begin midde verreikende veranderinge in die medialandskap. Waarom?
Momentum Aardklop op Potchefstroom is die plek waar die gesprek, Vrydag 2 Oktober, gratis gaan plaasvind.


Cornea Pretorius, lektor en navorser in joernalistiek aan die Noordwes Universiteit, gaan die en ander vrae aan Barnard Beukman, redakteur van Die Papier, vra. Die gesprek is, om 11:00 by die ATKV-boekegesprek se verhoog.
Pretorius is ook die Afrika-redakteur van die pan-Afrika aanlyn publikasie University World News.
