Afrikaans lei tot ‘kortsluiting’ in sepiester se brein

Daniël Coetzee is ’n introvert, maar pak film en televisie met albei hande aan.
Daniël Coetzee is ’n introvert, maar pak film en televisie met albei hande aan. Foto: Verskaf.

Vir die kykers wat Daniël ­Coetzee (27) in Afrikaanse sepies leer ken het, is hier nou ’n groot verrassing: Dié akteur is eintlik Engels!

Coetzee, wat bekend geword het as Uys Visagie in 7de Laan en later as Riaan Vosloo in Suidooster, moes nie net Afrikaanse dialoog aanleer nie – hy moes leer om in dié taal emosie oor te dra.

“Ek dink nie baie mense weet dat ek Engels is nie,” vertel hy. Wanneer aanhangers hom in die openbaar in Afrikaans groet en hy in Engels antwoord, kan hy sien hulle is verbaas.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos