SA landbousektor behaal hoogste handelsoorskot nóg

Foto: Adobe Stock

Suid-Afrikaanse landbou-­uitvoere na Amerika het met sowat 40% afgeneem in die eerste kwartaal vanjaar, maar die landbousektor het die hoogste handelsoorskot in die geskiedenis vir ’n eerste kwartaal aangeteken. Die sektor het in die eerste kwartaal van 2026 ’n handelsoorskot van meer as R25 miljard opgelewer.

Dit is die landbou se hoogste eerstekwartaal-handelsoorskot ooit en verteenwoordig ’n verbetering van 16,1% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, volgens AgriSA se eerstekwartaalhandelverslag.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos