Diepe Waters se Marco is romanties én roekeloos

René en Marco se verbode liefde maak kykers warm onder die kraag.
René en Marco se verbode liefde maak kykers warm onder die kraag. Foto: Verskaf.

Om te verstaan hoe sy karakter, Marco Viljoen (22), verlief kan raak op ’n vrou van iets in die veertig, het Xander Venter (25) wat dié rol in Diepe Waters vertolk, ’n brief geskryf. Venter sê dit was ’n “emosionele oefening wat niemand buiten Marco/Xander nog ooit gesien of gelees het nie”. Dit het hom gehelp om Marco se intense emosionele ontwaking en liefde vir sy swemafrigter, René du Preez (gespeel deur Marijke Coetser), wat iets in die veertig is, te verstaan.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos