’n Fel woorde-oorlog oor die reg van private moedertaalonderrig in die hoëronderwyssektor het losgebars ná uitlatings deur dr. Naledi Pandor. Maar Flip Buys sê: “Dit motiveer ons net verder om Akademia vinniger en sterker uit te bou.”
’n Twis tussen leidende figure in die VF Plus in Tshwane het tot ingryping deur die party se nasionale leierskorps gelei. Grandi Theunissen, die leier van die party se grootste politieke koukus, is sy pos summier kwyt.
Op die sportblaaie kyk ons in-diepte na die Greatest Rivalry-reeks se volgende kragmeting tussen die Bulls en die All Blacks, deel oud-Bok Bob Skinstad se tweede rubriek en Cheetah-afrigter Frans Steyn sê hy glo skrumskakel Faf de Klerk kan by hom die leisels oorneem.
Die Bulls verklaar hulle is gereed vir een van die grootste wedstryde in hul geskiedenis, maar vrae bestaan steeds oor die veiligheid van die gebied rondom Loftus Versfeld in Pretoria. Die Papier het die gebied rondom Loftus besoek en nuwe uitgrawings, versperrings en ander bouwerk langs die roetes na parkeergebiede waargeneem. Lees meer hieroor in dié uitgawe.
In Dink gee Mynderd Vosloo ’n koue kykie na die afgelope week se weer, Inkvlieg verduidelik wie dié week se slimkop en sot is en bekyk ons Suid-Afrika se toegewyde lojaliteitsmark as dit by hul beursies kom.
Moet ook nie van ons speletjiesblad vergeet nie. Dis hier waar die bekende “Noot vir Noot”-aanbieder se gesig op ons fotoblokraai pronk.
Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.
- Lees al dié artikels en vele meer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
ALSO READ: Die eerste uitgawe van die nuwe Afrikaanse weekblad, Die Papier, verskyn môre



