Ons berig in-diepte oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk en hoe dit jou sak raak. Ja, daar is ’n effense brandstofverligting in terme van die heffing op die korttermyn. Ons kyk ook na die verwagte ekonomiese groei, dobbeltaks wat steeds oorweeg word, die invloed van natuurrampe en ander interessanthede.
Hoekom die moeite doen om te gaan stem as jou gekose wyksraadlid heelmoontlik wéér gaan wen? Want die impak van die tweede, proporsionele stembrief vir partye, wat in werklikheid uiteindelike meerderhede bepaal, word misgekyk. Lees ook meer wat die statistiek en kenners oor die komende plaaslike verkiesing verklap.
Op die sportblaaie gesels ons met voormalige Bok-breier Heyneke Meyer oor die huidige uitmergelende rugbykalender, Ali Bacher, ’n voormalige grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket, praat oor die belangrikheid van kolfwerk en oud-Bok Ollie le Roux beraam planne om die Cheetahs weer tot hul gloriedae te herstel.
Ons berig ook oor die proteste in Frankryk, die drankskok in SA rugby en sê hoe die regering met pes-oproepe kan help.
In Dink kan jy sanger André Schwartz se skrywe lees oor sy liedjie “Met Liefde” wat uit 1994 dateer, maar vir hom steeds baie relevant vandag is. En kyk wat dink spotpentkunstenaar Mynderd Vosloo dryf Fikile Mbalula tot trane . . .
Die 13de Oppiwater-kunstefees vaar van 14-19 Februarie 2027 op die MSC Armonia en Die Papier is deel van dié fees. Om dit te vier, kan ’n leser onder meer ’n kajuit vir twee, alle etes en gratis toegang tot alle vertonings van sy of haar keuse wen – dit ter waarde van R50 000. Lees gerus in die koerant hoe om in te skryf.
Weet jy wie dié Diepe Waters-akteur is? En sing jy gereeld saam as dié oorle Walliese sangeres se “Total Eclipse of the Heart” speel? Moet dan nie van die fotoblokraai op die speletjiesblad vergeet nie.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
LEES OOK: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia





