Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


Herman Mashaba, leier van ActionSA, verklaar dat sy party in geen koalisie met die DA in Johannesburg sal dien terwyl Helen Zille betrokke is nie. Dit kom te midde van verskeie meningspeilings wat wys dat koalisies in die meeste metrorade nodig gaan wees. Sal Mashaba die strydbyl kan begrawe in die naam van dienslewering? Ons kyk na die kompleksiteit van koalisies.

In die “ ’n Week in die wêreld”-afdeling berig ons onder meer oor Benjamin Netanyahu, Karoline Leavitt en Christa Pike. Vind uit hoekom dié name hierdie week in die nuus is.

Duisende Amerikaanse vroue het hulle na sosiale media gewend om die beweerde slagoffer van ’n groepsverkragting by ’n vooraanstaande Amerikaanse universiteit te steun nadat ’n politieke kommentator gedreig het om haar identiteit te onthul. Ons berig in-diepte oor dié saak en deel ’n tydlyn van gebeure.

“Victory or death” seg ’n EFF-plakkaat voor die plaaslike verkiesings in November. Nou oorweeg die VF Plus regstappe oor dié slagspreuke omdat dit moontlik strydig is met die verkiesingsgedragskode van die Verkiesingskommissie.

Lees ook ons heerlike onderhoude met aktrise Lauren Joseph, wat die rol van Zoë in Suidooster vertolk, en veteraanakteur Tobie Cronjé. Die laasgenoemde het gaan tee drink saam met Ilse Salzwedel en vir haar meer vertel hoe “goed maar net met hom gebeur het”. Lees tussen die lyne hoe die lang, skraal man met die prominente ken sy weg moes vind tussen die “fris outjies” op skool en hoe dit bygedra het tot sy dramaloopbaan.

Op die sportblaaie kan jy meer lees oor die einde van die “Messi-era”, die toetsreeks tussen die Proteas en Australië en die Singapoer Grand Prix. Ons berig ook oudergewoonte oor die naweek se belangrike Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde, skryf oor die Bok-vroue se volgende uitdaging en gesels met Tappe Henning, die VRK se hoof van skeidsregters.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article