Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


Eers was dit die transito-voertuie wat geteiken is; nou het die geweld, volgens Wahl Bartmann, Fidelity se uitvoerende hoof, tot by die maatskappy se voordeur gekom. Lees ons eksklusiewe onderhoud met Bartmann oor die bomaanval by Fidelity se kantoor in Germiston waarin ’n werknemer dood is.

Daar is beslis onderliggende spanning in die voortslepende politieke twis tussen Siviwe Gwarube, DA-LP en minister van basiese onderwys, en Hubert Mathanzima Mweli, haar direkteur-generaal, aldus kenners. Joernalis Christiaan du Plessis het gaan ondersoek instel.

Byna die helfte van Suid-Afrika se geregistreerde kiesers sê geen politieke party verteenwoordig hul sienings nie. die jongste peiling van die marknavorsingsgroep Ipsos wys onder meer dat dié kiesers feitlik in derdes verdeel is wat politieke belangstelling betref: 33% stel baie belang in politiek en verkiesings, 33% ietwat en 34% nie juis nie.

Van verkiesings gepraat: Moenie die artikels in Dink uit Cilliers Brink (DA) en Willie Spies (VF Plus) se pen om die Tshwane-metro reg te ruk, misloop nie.

LEES OOK: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia

Wat is Afrika se werklike grootte? So klein soos wat wêreldkaarte dit vir jare laat blyk het? Suid-Afrika en ander Afrika-lande het die afgelope week oorweldigende steun by die VN gekry vir die bevordering van kaarte wat Afrika se relatiewe grootte meer lewensgetrou weergee. In Dink skryf ’n leser ook komies dat ons die wêreldkaart sommer op sy kop moet draai . . .

Op die sportblaaie is daar oudergewoonte die jongste nuus oor die Greatest Rivalry-reeks, met Oom Rugby en Bob Skinstad wat steeds hul gedagtes oor dié reeks met Die Papier deel. Hennie Koortzen het ook met Swys de Bruin gesels ná hy as afrigter van die Vroue-Springbokke bedank het.

Karla Janse van Vuuren deel twee van haar gunsteling koue nageregte se resepte: klassieke crème brûlée en individuele Peppermint Crisp-poedings. Onthou dat jy ook die QR-kode in die koerant kan skandeer vir nóg drie resepte wat ons vyf basis-bestanddele gebruik.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article