Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein, is ongelooflik trots op al hul talentvolle Eendjies wat aan die Con Spirito Kunswedstryd deelgeneem het. Met kreatiwiteit, passie en harde werk het elke deelnemer hul unieke talent ten toon gestel en die Oranje‑naam met glans verteenwoordig.
Uitstaande prestasie
’n Spesiale gelukwensing aan die OMS Primêr Strykorkes, wat met ’n fenomenale 97% (A+++) beoordeel is – ’n ware bewys van toewyding en musikale uitnemendheid.
Baie geluk aan elke deelnemer met jul besonderse prestasies. Julle het gewys dat kuns en musiek nie net vaardighede is nie, maar ’n viering van harte en gees.

Welgedaan, Eendjies – julle laat Oranje se trots helder skyn!







You must be logged in to post a comment.