BLOEMFONTEIN – Die eerste naweek van die Curriebeker-reeks hou beloftes in van ‘n opwindende seisoen. Die Cheetahs en die Leeus het mekaar Sondag 19 Julie die stryd op die Toyota-stadion aangesê en dit was behoorlik ‘n naelbytstryd tot aan die bitterend.
Die Vrystaatse ondersteuners kon ‘n sug van verligting slaag toe die eindfluitjie blaas met die telbord op 29-27 in die Cheetahs se guns.

Van die staanspoor af was dit ‘n harde wedstryd met beide spanne wat goed verdedig het. Die Springbok-losskakel Faf de Klerk wat Sondag sy eerste wedstryd in die Cheetah-trui gespeel het, het sy nuwe span ‘n goeie hupstoot gegee.
Kort na die begin van die wedstryd was die telling 8 elk toe beide die spanne elk ‘n drie gedruk en strafskop oor die pale geskop het. Die noue stryd het voortgeduur tot hafltyd waarop die Cheetas 16-13 voor was.
Lees op BloemNuusExpress: Predators at war: Cheetahs vs Lions face off in Currie Cup opener.
Die Leeus se Likhona Finca het drie drieë vir die Leeus gedruk. Dit was egter Jaco van der Walt se strafskop wat die Cheetahs die gevoer het tot ‘n oorwinning en ‘n bonuspunt in die reeks op hul tuisveld.
Toyota Cheetahs 29 (16), Fidelity ADT Lions 27 (13)
Cheetahs – Drieë: Marko Janse van Rensburg, Ramon Uys, Victor Sekekete, Cohen Jasper. Strafskoppe: Jaco van der Walt (3).
Lions – Drieë: Likhona Finca (3), Latica Nela. Doelskoppe: Sam Francis (2). Strafskoppe: Francis.
Taai seisoen lê voor
In ander wedstryde in dié afdeling het die Haaie die Pumas in die Mbombela-stadion 26-24 gewen.
In Kaapstad het die Stormers hul Curriebeker-veldtog met ‘n oorwinning teen die Griekwas begin met ‘n eindtelling van 25-19.
Die laaste weedstryd van die naweek is in ‘n sopnat Boland-stadion gespeel waar die Boland Kawaliers ‘n oorwinning van 24-10 oor die Bulls behaal het
Die Cheetahs se volgende wedstryd is Vrydag 24 Julie op die Toyota Stadion teen die Haaie. Die wedstryd begin om 17:00.







You must be logged in to post a comment.