BLOEMFONTEIN – Nie net kan toeskouers uitsien na die tweede wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Black Lion nie, oudspelers van die Cheetahs en die Blou Bulle pak mekaar vooraf in ‘n geskiedkundige wedstryd.
Die Cheetahs sal wil opmaak verlede week se wedstryd waarin hulle net-net met 38-39 teen die span van Georgië verloor het. Die wenspan van elke wedstryd tussen díe twee spanne wat R250 000 se prysgeld. Daar is ook prysgeld vir die speler van die wedstryd op die spel.
Naka Drotske, wat in sy jongdae vir die Vrystaat én die Blou Bulle gespeel het, is die afrigters van die Cheetah Legends. Hy sê die manne kom van oor Suid-Afrika heen en dat hulle Saterdag gaan oefen en saam kuier. “Ons sien baie uit na die wedstryd.”

Die kragmeting tussen die twee Legend-spanne begin om 12:30 vóór die hoofwedstryd op die Toyota-stadion.
Die Black Lions van Georgia is die ander genooide span wat gaan deelneem aan die Europese Professionele Klubrugby-uitdaagbeker (ECPR) wat in Desember en Januarie 2026 plaasvind.
Sondag se ontmoeting sal goeie voorbereiding vir albei spanne bied, aangesien die kompetisie die naweek van 6 Desember in Europa begin.
Ondersteuners het ook ‘n kans om R5 000 kontant te wen deur ‘n plakkaat by die Toyota-stadion te vertoon en ‘n selfie op Facebook te plaas met die #ToyotaPassion.
Daar sal iets lekker vir almal by die kosstalletjies wees, en baie vermaak om die kinders aan die bons te hou. Geniet lewendige vermaak by die Castle Deck, voor en ná die hoofwedstryd, saam met Eloff om die partytjie aan die gang te hou.
Vyf ondersteuners kan groot wen in die Kloppers Expert Kick to Win-kompetisie. Elke finalis sal een kans kry om ‘n rugbybal in enige van die agt dromme wat op die veld geplaas is, te skop, en as die bal in ‘n asblik beland, wen hulle die prys wat daarin versteek is. Pryse sluit in ‘n Kloppers Expert-koopbewys ter waarde van R2 000, ‘n Snomaster-ysmasjien, ‘n Ryobi-koordlose boor, ‘n Biltong-snyer, ‘n Weber-ketelbraai, ‘n JBL-flip-luidspreker, ‘n Stanley-koelboks en twee seisoenkaartjies vir 2026.
Kaartjies vir Sondag se wedstryd kos slegs R50 vir die hoofpaviljoen, R30 vir die oop paviljoen en R20 vir studente en kinders. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Ticketpro of by die kaartjiekantoor by die Toyota-stadion.
Toeskouers met ‘n Toyota-voertuig bestuur, kan jy gratis in die Toyota-parkeerarea by die Toyota-stadion parkeer.
Onthou om jou wedstrydkaartjie gereed te hê om by die hek te wys. Toegang tot die Toyota-parkeerarea is slegs by hek 1 in Att Horaklaan. Parkeerplek is beperk, so kom vroeg.
Die Cheetahs se span vir Sondag is:
- Tielman Niewoudt
- Louis van der Westhuizen (C )
- Aranos Coetzee
- Juan Venter
- Victor Sekekete
- Gideon van der Merwe
- Pierre Uys
- Sisonke Vumazonke
- Jandre Nel
- Franco Smith
- Makhaza Ntokozo
- Zander du Plessis
- Marco Janse van Vuren
- Prince Nkabinde
- Michael Annies
Plaasvervangers
- Marko Jansen van Rensburg
- Tebogo Nkosi
- Frankie Dos Reis
- Arno van der Merwe
- Daniel Maartens
- Rewan Kruger
- Clayton Blommetjies
- James Verity-Amm
Cheetahs Legendspan is:
- Kevin Stevens
- Chase Morison
- Kobus Calldo
- Marnus Briedenhann
- Ockie van Zyl
- Christmas Dumazwene
- Jean Droste
- Darron Nell (onderkaptein)
- Falie Oelischig (kaptein)
- MJ Smith
- Ferdie Wesso
- Hendrik Meyer
- JW Jonker
- Eddie Fredericks
- Izak Job
- Bertram Johnson
- Schalk Ferreira
- Nelio de Sa
- Lean Combrinck
- JB Heckroodt
- Gouws Prinsloo
- Ashwell Rafferty
- Joubert Engelbrecht
- Herman Pretorius
- Schalk van Zyl
- JJ Wessels
- Renier Botha
- Phillip Burger
- Danie Dames
- Afrigter: Naka Drotske
- Spanbestuurder: Helgard Muller
Albei wedstryde word op SuperSport-kanaal 211 uitgesaai.







You must be logged in to post a comment.