Die Ficksburg polisie het vier renosterhorings, goud en diamante is by 'n buitelander gekry.
Die Ficksburg polisie het vier renosterhorings, goud en diamante is by ‘n buitelander gekry.

FICKSBURG – Die Ficksburg polisie het ‘n buitelandse burger in hegtenis geneem vir die besit van vermeende renosterhorings, diamante en goud.

Gedurende die vroeë oggendure van Dinsdag 20 Januarie het lede van die Ficksburg Sigbare Polisie-eenheid misdaadvoorkoming operasies binne die Ficksburg-distrik uitgevoer, en ‘n wit Toyota Alphard in Eindestraat naby ‘n vulstasie omstreeks gestop.

Hulle het die voertuig deursoek en ‘n pakkie toegedraai met bruin papier en kleefband in die kattebak van die voertuig ontdek. Die 39-jarige bestuurder het aan die polisie gesê dat hy versoek is om die pakkie van Johannesburg na Maseru te vervoer.

Binne die pakkie het die polisie vier horings gevind wat vermoedelik dié van ‘n renoster is, ‘n plastieksakkie met ritssluiting wat 50 vermeende ongepoleerde diamante bevat het, en een groot soliede goudklomp in ‘n plastiekhouer.

LEES OOK: Inwoners ruk op teen beoogde mynery by Rooifontein: ‘Julle is nie welkom nie’

Die buitelandse burger is onmiddellik in hegtenis geneem en ‘n saak van besit van vermeende renosterhorings, ongepoleerde diamante en goud is by die Ficksburg-polisiestasie geopen.

Die verdagte sal na verwagting binnekort voor die Ficksburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article