Braam Vorster (links) en Armand Cloete van die VF Plus met die brief aan die Menseregtekommissie op die terrein van die Nasionale Hospitaal, waar asbes al meer as ‘n jaar lank lê en nie verwyder word nie. Foto’s: Lientjie Mentz

Inwoners se klagtes oor die asbes wat op die terrein agter die Nasionale Hospitaal in George Holmesstraat in Wilgehof bly lê, is nou na die Menseregtrekommissie (MRK) verwys.

BloemNuus het op 16 Mei berig dat die VF Plus se raadslede saam met inwoners ingespring het om die terrein netjies te maak en die gras te sny.

Vroeër is ook berig oor die asbes en mediese afval wat op die terrein lê.

Die geboue wat vroeër deur die departement gesondheid opgerig is met die doel om pasiënte te huisves, maar nooit gebruik is nie en intussen verval het, is afgebreek. Die asbes waarmee die strukture gebou is, moet steeds verwyder word.

Armand Cloete, provinsiale wetgewerlid van die VF Plus het al in

Hoewel die groot hoeveelheid munisipale afval wat op die terrein gelê het, verwyder is, was daar met BloemNuus se besoek aan die terrein verlede week weer mediese afval.

Januarie ‘n brief aan Monyatso Mahlatsi, Vrystaatse LUR vir gesondheid, gerig oor die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s wat die terrein inhou.

Verlede week het Cloete hom tot die MRK gewend. In ‘n brief aan die provinsiale kommissaris dr Henk

Boshoff sê hy blootstelling aan asbes hou ernstige en goed gedokumenteerde gesondheidsrisiko’s in, veral wanneer vesels in die lug kom as gevolg van versteurde of afgebreekte materiale.

Hy sê stukkende asbes lê minder as 100m van naburige huise.

“Ná ‘n besoek vroeër vanjaar het ek ‘n formele brief aan die LUR vir gesondheid gestuur om hom te waarsku oor die openbare

gesondheidsgevaar wat die blootgestelde asbes inhou.

“In antwoord op ‘n daaropvolgende vraag in die Vrystaatse wetgewer het die LUR beweer dat die gebied buite die jurisdiksie van die departement van gesondheid val en eerder die verantwoordelikheid van die departement van openbare werke is. Hy het verder gesê dat ‘n lêer deur die Nasionale Hospitaal geopen is.”

Cloete sê egter die departement van gesondheid kan nie die verantwoordelikheid vir gevaarlike materiale in ‘n hospitaalgebied ignoreer nie.

In reaksie op dieselfde kwessie het die LUR vir openbare werke, Dibolelo Mance, in ‘n skriftelike antwoord erken dat haar departement destyds nie oor die saak ingelig is nie. Sy het haar daartoe verbind om in te gryp deur ‘n gekwalifiseerde diensverskaffer aan te stel.

“Ten spyte van hierdie versekering, het ek die terrein weer besoek en geen bewyse van remediëring of betekenisvolle ingryping gevind nie,” het Cloete verlede week gesê.

“Die gebrek aan optrede deur die departemente van gesondheid en openbare werke weerspieël ‘n ernstige versuim in sorgplig en kan ‘n skending van die inwoners se grondwetlike regte op ‘n veilige en gesonde omgewing wees.

“Gevolglik versoek ek dat die MRK ‘n dringende ondersoek na hierdie saak begin. Hierdie saak kan nie sonder gevolge voortduur nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article