Hein Griesel

Water: kortverhalebundel gee kreatiewe blik op donkere, droë toekoms

, ,

In Bloemfontein is die naam Hein Griesel sinoniem met die Aasvoëlklub.
Hein het in 1998 die Aasvoëlklub gestig – destyds was dit in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) se ketelkelder met die voorlesing van gedigte en ander interessante sessies. Later, met die hulp van sy kreatiewe vrou Lollie – wat intussen oorlede is – het die Aasvoëlklub na Kelly’s View verskuif.


Deesdae is die Aasvoëlklub die tuiste van lekker musiek – plaaslik, sowel as van die voorste name in die musiekbedryf wat gereeld daar optree. Hier kan gaste in die restaurant-teater meegevoer raak.


Deur die jare het Hein ‘n verskeidenheid kreatiewe dinge aangepak. Een daarvan was sy digbundel Die vlieg wen in die ent waarvan byna 500 kopieë verkoop is. Hy het ook ‘n Afrikaanse “Rock” Opera met die titel “Bloemfontein Beach Hotel” geskryf.


Nou het hy weer kreatief geraak en ‘n distopiese kortverhalebundel Water: 13 + 1 kortverhale met byt geskryf wat deur Naledi-uitgewers gepubliseer is. Hy vertel die idee agter die kortverhaalbundel het in sy kombuis ontstaan met ‘n kuier saam met die Afrikaanse sanger Koos Kombuis.


“Ek het vir hom van my idees vertel, en hy het gesê ek moet ‘n boek saamstel.”
Hein het van die eerste werke vir Naledi gestuur, wat gesê het hy moet nog verhale byvoeg.


Verlede week het die eerste besending van die kortverhalebundel by Hein in Bloemfontein aangekom.
Die boek is deurspek met galgehumaor en speel af in die nabye toekoms in Suid-Afrika waar watertekort en hongersnood hoogty vier en enkeles om oorlewing veg in ‘n tipe “Mad Max” bestaan.


Hein gesels op Donderdag 30 Oktober om 18:00 by Naln oor sy nuwe boek.
Bywoning is gratis, maar bespreek vooraf by hom by 084 559 8991 of stuur ‘n e-pos na vriendevannaln@gmail.com.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article