Alda Fourie, Nicolette en Andre de Wet en De Wet Claassens met die aankondiging van Cruise for a Cause.
Alda Fourie (Engo), Nicolette en Andre de Wet (wenners) en De Wet Claassens (Engo) met die aankondiging van Cruise for a Cause.

VIDEO: Vreugde toe vrou van Viljoenskroon bootreis-prys wen

,
Alda Fourie, Nicolette en Andre de Wet en De Wet Claassens met die aankondiging van Cruise for a Cause.
Alda Fourie (Engo), Nicolette en Andre de Wet (wenners) en De Wet Claassens (Engo) met die aankondiging van Cruise for a Cause.

Nicolette de Wet is op Dinsdag 20 Oktober aangewys as die gelukkige wenner van ‘n bootreis in Engo Vrystaat se Cruise for a Cause.

Sy en haar man, André, van Viljoenskroon was oorstelp toe Nicolette met die gelukstrekking die wenner van vyf finaliste was. “Ons sien baie uit na ons groot prys.”

Die prys van die kompetisie wat Engo van April tot September aangebied het, is ‘n MSC-bootreis na die Portugese eilande vir twee mense in ‘n kajuit met ‘n see-uitsig.

LEES OOK: Rol vir ‘n beter lewe lekker vir almal.

Vir ’n R50-donasie aan Engo kon deelnemers ’n verskil maak in die lewens van kwesbare mense oor die Vrystaat heen wat deur Engo bedien word.

Finaliste wat die trekking bygewoon
Finaliste wat die trekking bygewoon het hier saam met ds. Jannie Smith (voorsitter van Engo se raad), Tertius Maarman (finalis), Veronique Janse van Rensburg (finalis), Nicolette de Wet (wenner), Tomas Steward (finalis) en De Wet Claassens (uitvoerende hoof van Engo). FOTO: Lientjie Mentz

Die prys ter waarde van R25 000 sluit ’n Bon Voyage-pakket wat sjampanje, MSC-sjampanjeglase, kanapés, vars vrugte en ’n verwelkomingsbrief van die kaptein in.  Die prys sluit verder twee drankpakkette van die wenner se keuse in, toegang tot die eksklusiewe MSC Privy Lounge-ervaring, ’n R3 000 reistoelae van en na Durban, R1 800 sakgeld, asook kajuittariewe, diensfooie, hawebelasting en versekering. Boonop sal Nicolette en André drie maaltye per dag geniet, tee, koffie en water, vermaak, daaglikse aktiwiteite, toegang tot die nagklub en ’n volledig toegeruste gimnasium aan boord.

Die ander finaliste was Rethabile Tshabalala van Reitz, Veronique Janse van Rensburg van Bloemfontein, Tomas Stewart van Bloemfontein en Tertius Maarman van Virginia.

Die trekking is Dinsdag deur Carolien Koen van Evolve Audit and Advisory Services by die Airborne-konferensiesentrum behartig.

Vind meer uit oor Engo Vrystaat deur hierdie skakel te volg: Engo.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article