Francois Rossouw van SAAI sê hoewel die landbousektor drie belangrike veldslae gewen het in die stryd teen bek-en-klouseer, is die oorlog nog lank nie verby nie.
‘n Hooggeregshof-uitspraak bied uiteindelik hoop dat die wegholverspreiding van die staatsbeheerde bek-en-klouseersiekte nou met inisiatief van die private sektor gestuit kan word.