Nataniël is binnekort in Bloemfontein se Sand du Plessisteater te sien in sy 105de oorspronklike teaterproduksie: Sooibrand.
Suid-Afrika se meesterstorieverteller en kunstenaar onthul sy nuutste Afrikaanse produksie met dieselfde drama en flair as wat gehore oor die afgelope dekades leer ken het.
Sooibrand is ‘n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning.
Met deernis, humor en vraagtekens bekyk Nataniël hedendaagse arrogansie, ongesonde erfenis en daaglikse woede.
Hy bring ‘n wye verskeidenheid musiek, verniel tydlose melodieë, vertel splinternuwe verhale en werp lig op van die grootste historiese raaisels saam met die pianis en oud-Bloemfonteiner Charl du Plessis.
Die vertonings is op Dinsdag 22 September, asook 23 September, om 19:00.
Kaartjies kos tussen R220 en R320 en is op webtickets.co.za beskikbaar.
Elke vertoning is 90 minute lank, sonder ‘n pouse. Geen kinders jonger as 14 jaar word in die gehoor toegelaat nie.
Die Kaalkopwinkel sal in die foyer van die teater produkte en ware uitstal en te koop aanbied.
■ Twee lesers kan kaartjies vir die vertoning wen. Skryf in op BloemNuusExpress se Facebook-blad, Bloemnuus Express.





