AfriForum se vullisverwyderingsvragmotor staan hier by terwyl ‘n parkie se gras gesny word. FOTO: Verskaf

AfriForum Dienste in Bloemfontein het gedurende Maart 64.16 ton vullis verwyder en 64 874,50 m² se gras in parke, oop velde en groen stroke gesny.

Hierdie spanne word genoop om in te gryp weens die Mangaung-metro se versuim om hul verpligtinge ten opsigte van dienslewering na te kom.

“Die realiteit is dat die metro eenvoudig nie meer sy werk doen nie.

“Openbare ruimtes word verwaarloos, wat direkte risiko’s vir veiligheid en gesondheid skep. Ons kan nie net arms gevou sit en toekyk hoe dinge agteruit gaan nie, ons rol eerder moue op en spring self in om ‘n verskil te maak,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.

Wanneer ‘n omgewing netjies is, dra dit daartoe by dat onwettige storting verhoed word, verminder brandgevare en verminder geleenthede om misdade te pleeg.

AfriForum spreek ook sy opregte dank uit teenoor elkeen wat aktief bydra om hul huis en woonbuurt skoner, netjieser en veiliger te maak – wat projekte en dienste soos dié moontlik maak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article