Kom geniet ‘n spanbou met ‘n dag van rolbal ten bate van Engo se skoolverlaters.
BloemNuusExpress bied vanjaar weer op 9 Oktober ‘n prettige rolbaldag aan en skole, ondernemings, sportklubs en ander instansies word genooi om spanne van vier in te skryf.
Die dag word oudergewoonte op die bane van die Bloemfontein-rolbalklub in Unielaan aangebied.
Spanne word genooi om ‘n oulike naam vir hulself uit te dink en daarvolgens aan te trek vir die kans om ‘n prys vir die bes geklede span te wen.
Registrasie vir die dag is om 13:00 en die balle gaan om 13:30 begin rol. Die prysuitdeling vind ná die dag se spel om ongeveer 18:00 plaas.
Vir die inskrywingsfooi van R1 400 per span, is ‘n ligte ete ingesluit en pryse is op die spel.
Plek is beperk, so bespreek so gou moontlik by Gerrie de Bruin by 064 525 9955 of skryf in deur hierdie skakel te volg.




