Mooiste rose by Noorderbloem gekies.
Mooiste rose by Noorderbloem gekies. FOTO: Lientjie Mentz

Pragtige rose beloon in Noorderbloem se Roosfees

,

Oktober in die Noorderbloem-aftreeoord is altyd ‘n fees vir tuinliefhebbers.

Soos elke jaar kon inwoners weer op Noorderbloem in Bloemfontein se Roosfees spog met die mooiste rose in hul tuine. Inwoners het altesaam 342 rose van edelrose en trosrose tot die kleinste miniatuurrose inskryf vir die fees.

Die wenners is Dinsdag 13 Oktober aangekondig en besoekers word genooi om Woensdag 14 Oktober tot 16:00 gratis na die uitstalling in die saal van al die inskrywings en wenrose kom kyk.

Vanjaar se wenner van die Hercules Pretoriustrofee vir die meeste punte op die fees, is Ina Wilken. Sy het ook die afdelings gewen vir die mooiste edelroos-knop en die mooiste oop pienk roos. Wilken het ook silwer gewen in die kategorie vir edelrose roosknop en brons in dieselfde afdeling vir ‘n ander roos.

 Elsa Joubert, Wilma Lourens, Frieda Zerwick en Kotie Erasmu
Pryswenners is van links Elsa Joubert, Wilma Lourens, Frieda Zerwick en Kotie Erasmus. FOTO: Lientjie Mentz

Die wenner van die oopknop-edelroos was Sakkie van der Vyfer en die wenner van die trosrose was Frieda van Wyk. Van der Vyfer het ook ‘n derde plek gekry vir een van sy oopknop, pienk rose en vir ‘n miniatuurroos.

LEES OOK: Blommeprag by aftreeoord bekroon.

Fransisca Fouche het die afdeling vir miniatuurrose gewen. Sy het ook ‘n tweede plek gekry vir nog een van haar minatuurrose.

Woensdag 14 Oktober tot 16:00 gaan kyk na Noorderbloem
Besoekers kan Woensdag 14 Oktober tot 16:00 gaan kyk na Noorderbloem se rose by die Rosefees. FOTO: Lientjie MEntz

Johannes Matwele, die tuinier by Noorderbloem, het die Gerald van Heerden-trofee gewen vir die kampioenroos op die skou. Hy het ook goud gewen vir die vol, oop roos in enige kleur.

Louis Fourie en Marizanne Burger.
By die pragtige rose wat uitgestal word is van links Louis Fourie (OVK) en Marizanne Burger (bestuurder: Noorderbloem). FOTO: Lientjie Mentz

Sol Lubbe, Isaac Nosi, Frieda Zerwick, Lourens en Kotie Erasmus het almal tweede plekke behaal vir rose wat hulle ingeskryf het en Elna Stroebel, Wilma Lourens, Elsa Joubert en Joyce van Zyl het almal derde plekke behaal.

Besigtiging by Noorderbloem in Metz-straat, Bayswater, is nog tot vanmiddag 16:00.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article