Dit is op 1 en 2 Augustus die laaste kans waarop kiesers by hul kiespunte hul registrasiebesonderhede kan nagaan.
Dit is die laaste kans waarop kiesers by hul kiespunte hul registrasiebesonderhede kan nagaan.

Maak dié naweek seker dat jy op 4 November kan stem

,
Dit is op 1 en 2 Augustus die laaste kans waarop kiesers by hul kiespunte hul registrasiebesonderhede kan nagaan.
Dit is die laaste kans waarop kiesers by hul kiespunte hul registrasiebesonderhede kan nagaan.

Suid-Afrikaanse kiesers het op 1 en 2 Augustus die laaste kans om by die kiespunte hul registrasie-besonderhede vir die munisipale verkiesing op 4 November na te gaan.

Die Verkiesingskommissie (OVK) doen ‘n beroep op alle geskikte Suid-Afrikaners wat nog nie as kiesers geregistreer is nie, dié wat wel geregistreer is maar nog nie hul adresbesonderhede vir volledigheid nagegaan het nie, of dié wat sedert hul laaste registrasie van woonadres verander het, om hierdie laaste geleentheid te gebruik om hul plek op die kieserslys te verseker. Deelname aan verkiesings begin met registrasie, wat landsburgers in staat stel om hul grondwetlike reg om te stem uit te oefen.

Die kommissie het sy finale operasionele voorbereidings vir die komende kiesersregistrasienaweek voltooi. As deel van hierdie voorbereidings is die aantal stemdistrikte hersien van 23 706 na 23 699 ná die optimalisering van stemstasie-reëlings gebaseer op kiesersaktiwiteit wat tydens die eerste registrasienaweek aangeteken is. Vir die finale kiesersregistrasienaweek sal die kommissie 23 699 stemstasies reg oor die land bedryf.

Alle registrasiestasies sal van 08:00 tot 17:00 oor die naweek van 1 Augustus werk. Die kommissie sal weer 48 212 opgeleide verkiesingsamptenare ontplooi wat beskikbaar sal wees om geregtigde kiesers te verwelkom en te help om te registreer, hul besonderhede op te dateer of hul registrasie-inligting voor die verkiesings te verifieer.

Kiesers kan ook die webblad gebruik en self registreer of hul registrasie nagaan. Besoek die Voter Portal hier en besoek elections.org.za vir meer inligting oor jou wyk en jou huidige wyksraadslid. Die webblad dui aan in watter wyk jy val en presies waar die stempunt is waar jy na gelang van jou woonadres moet stem.

Daar is wyke wat verander sedert die vorige munisipale verkiesing, so gaan die inligting op die webwerf na om te sien wie nou jou raadslid is. Besonderhede oor die kandidate wat vir elk van die 51 wyke in die Mangaung-metro staan, sal later aangekondig word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article