Die lewensviering van Jannie (65) en Zelda van der Linde (63) wat op Maandag 4 Mei in ‘n motorongeluk in Kenneth Kaundaweg dood is, vind op Donderdag 14 Mei plaas.
Die dag van die ongeluk, was ook Zelda se verjaardag.
Braam van Zyl, afdelingshoof van van die Mangaung-brandweer-en reddingsdiens sê die egpaar het in hul Hyundai i10 uit die rigting van die snelweg na die stad gery toe ‘n man in ‘n Toyota-bakkie, wat van Northridge Mall se rigting gery het, beheer oor sy voertuig verloor het.
Die bakkie het van voor teen die Hyundai gebots. Die ongeluk het in die gietende reën plaasgevind.
Lt. Kol Thabo Covane, woordvoerder van die polisie, sê in ‘n verklaring ‘n saak van strafbare manslag is in verband met die ongeluk by die Bayswater-polisiekantoor geopen.
Die begrafnis van die Van der Linde-egpaar vind Donderdag om 11:00 by Leopards & Lace in Stirlinglaan 9, Spitskop, plaas.








You must be logged in to post a comment.