‘n Aantal seunsgimnaste van die Central Finity Gimnastiekklub in Bloemfontein was deel van die Vrystaatspan wat aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het.
Tydens dié byeenkoms van 1 tot 4 Oktober in Pretoria het Central Finity se gimnaste uitstekend tussen die sterk deelnemers van veral die Wes-Kaap- en Gauteng-klubs gevaar.
Obakeng Manyena (14) het algeheel derde in sy afdeling geëindig.

Hy het ook in sy afdeling op die parallelle balk gewen; in spronge was hy tweede; op die hoë balk derde; en op die vloer vierde.
Louis Grant (7), die jongste lid van die klub wat deelgeneem het en ook vir die heel eerste keer in ‘n nasionale kompetisie meegeding het, het algeheel agtste geeïndig.
Hy was sesde in spronge en sewende op die hoë balk.
Franko van Pletsen (9) was tweede algeheel in die spronge en derde op die vloer. Dit was ook sy eerste nasionale kompetisie en hy het algeheel vyfde in sy afdeling geëindig.
Christiaan van der Westhuizen (9) was 11de in die spronge en Albert van der Westhuizen (11) algeheel negende in die spronge.
Thoriso Chabangu wat in die ouderdomsgroep 17 tot 18 jaar meeding, het aan talle items deelgeneem en goed gevaar.
Hy was onder meer vyfde algeheel in die spronge en negende op die hoë balk wat hom ‘n algehele negende posisie besorg het.
Simphiwe Soka (14) het algeheel vyfde in sy afdeling geëindig.
Hy het ‘n tweede plek op die hoë balk behaal, ‘n derde plek op die vloer, ‘n vyfde plek op die parallelle balk, en ‘n sesde plek in die spronge.







You must be logged in to post a comment.