Lucah Botha op die gelyk-brug.

Gimnaste wen medaljes op nasionale kampioenksappe


Gimnaste van die Bloemfontein-gimnastiekklub het as lede van die Vrystaatspan aan twee verskillende kampioenskappe gaan deelneem en goue medaljes huis toe gebring.

Die tuimel en trampolien-gimnaste het van 7 tot 10 Oktober in Gqeberha deelgeneem.

Artisties en Parkour-gimnaste het van 2 tot 9 Oktober in Centurion (Gauteng) aan die nasionale kampioenskappe in die Nationale Gimnastieksentrum deelgeneem.

Jannie Janse van Vuuren was die direkteur by die mans- artistiese kompetisie, waarby Luca Klopper ook beoordeel het.

Annabelle Naude op die vloer. FOTO: Verskaf

Ben-Arthur Stander het as afrigter op die vloer opgetree in Gqeberha terwyl Lynelle de Villiers as afrigter die kampioenskap in Centurion bygewoon het.

Die utiblinkers was:

  • Artisties: Annabelle Naude (vlak 6/14jaar): bronsmedalje op die balk.

Tuimel:

  • Lyndon Ludik (vlak 4/13-14jaar: silwer medalje;
  • Charlotte Hartman (vlak 6/13-14 jaar): bronsmedalje; en
  • Bophelo Mahlangu (vlak 5/11-12 jaar): silwer medalje.

Parkour:

  • Nolan Maré (vlak 4/11-12 jaar): silwer medalje vir free style;
  • Mia du Preez (vlak 4/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed;
  • Annabelle Ras (vlak 5/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed; en
  • Joshua Wahl (vlak 7/18 jaar en ouer): goue medaljes vir free style en spoed.

Trampolien:

  • Amy Slabber en Miané du Toit (vlak 4/11-12 jaar) het ‘n bronsmedalje ontvang in die gesinchroniseerde beweging;
  • Lyndon Ludik (vlak 5/13-14 jaar): silwer medalje vir Euro-trampolien, bronsmedalje vir double mini asook goue medalje gesinchroniseerde beweging;
  • Emmanual Girmay (vlak 6/17 jaar en ouer): goue medaljes vir Euro-trampolien en double mini asook gous vir gesinchroniseerde beweging;
  • Handré Pretorius (vlak 7/11-12 jaar): goue medalje vir double mini, goue medaljes vir Euro-trampolien en gesinchroniseerde beweging;
  • Reinhard Kotze (vlak 7/11-12 jaar): brons medalje vir double mini en goue medalje vir gesinchroniseerde beweging; en Jandré Vermeulen (vlak 8/11-12 jaar): goue medalje vir euro trampolien en brons medalje vir double mini.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article