Lede van die nuwe Danie van Eeden-kommando by die Hoërskool President Steyn is van links, voor: Ferdie du Toit en Eben Richards; agter: Melinda Laubscher (adjunk-kommandoleier), Janlu Delport, Lindie Visagie (offisier), Eben Steyn, Griselda Richter (kommando-leier) en Chenelle Laubscher. FOTO: Verskaf

Familieverbintenis laat kommando weer leef by Bfn-skool

,
Lede van die nuwe Danie van Eeden-kommando by die Hoërskool President Steyn is van links, voor: Ferdie du Toit en Eben Richards; agter: Melinda Laubscher (adjunk-kommandoleier), Janlu Delport, Lindie Visagie (offisier), Eben Steyn, Griselda Richter (kommando-leier) en Chenelle Laubscher. FOTO: Verskaf

Bloemfontein spog met ‘n nuwe Voortrekkerkommando by die Hoërskool President Steyn in Bainsvlei.

Melinda Laubscher, die nuutverkose adjunk-kommandoleier van die Danie van Eeden-

kommando, vertel haar skoonouers, Ben en Hannatjie Laubscher, het die oorspronklike kommando op 27 Julie 1984 gestig.

Die kommando by die skool se bedrywighede het egter in die jare 1990 doodgeloop.

“My jongste dogter, Chenelle, het verlede jaar besluit om na President Steyn te gaan.

“Omdat daar nie Voortrekkers was nie, het ek die geleentheid gesien om Voortrekkers daar weer aan die gang te kry.”

Sy het aangekondig dat sy die kommando gaan begin.

“Ek het gedink daar sal so 10 kinders opdaag. Groot was my verbasing toe ‘n volle 55 kinders opdaag. Dit was leerders van gr. 1 tot gr. 10. Ons het beplan om by die MT Steyn-kommando in te val, maar toe ons dokumente vind wat my skoonfamilie se verbintenis met die stigting van die Danie van Eeden-kommando wys, het ons besluit om dié kommando te herstig.”

Dit was onder aanbeveling van die Vrystaatse gebiedsleier, Willie Engelbrecht.

Griselda Richter is as kommando-leier aangestel.

Nou leef die familieverbintenis voort met ‘n nuwe groep Voortrekkers wat die vlam helder laat brand.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article